August 4, 2021

Liggaam vir ure in straat gelos

FiND iT het navraag by die departement van gesondheid gedoen, maar wag steeds vir terugvoer.

Liggaam vir ure in straat gelos

Liggaam vir ure in straat gelos

KIMBERLEY. – Die liggaam van ’n onbekende man wat gisteraand omstreeks 21:30 tydens ’n geveg in die middestad oorlede is, is vir ure in die straat gelos nadat die departement van gesondheid se lykshuis glo geweier het om die liggaam te gaan haal.

LEES OOK: Polisielid geskiet toe hy glo bakstene steel

Liggaam onder polisiebewaking

Die liggaam was onder polisiebewaking, maar is eers na byna agt ure later deur die polisie na die departement van gesondheid geneem.

Kapt. Tessa Jansen, polisiewoordvoerder, sê die polisie het gewag vir die liggaam om verwyder te word, maar weet nie hoekom die liggaam nie gehaal is nie. Die polisie se soek-en-reddingspan het die liggaam self verwyder en na die departement van gesondheid geneem.

Volgens wat verneem word, is Robert Mangaliso Sobukwe-hospitaal se lykshuis vol en kan nog liggame nie ingeneem word nie. Patologie by die departement van gesondheid is glo ook besig om te staak weens uitstaande fooie.

Mans baklei

Die twee mans het voor Central City Food in die middestad baklei waarna een van die mans na die hospitaal gehaas is. Die ander man het reeds aan sy wonde beswyk.

FiND iT het navraag by die departement van gesondheid gedoen, maar wag steeds vir terugvoer.

LEES OOK: Meghan se pa hoor oor radio van Lili se geboorte – ontsteld

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *