Meghan Markle se pa, Thomas Markle, is ontsteld omdat Meghan en prins Harry hom nie persoonlik gebel of laat weet het van Lilibet Diana se geboorte nie.
LEES OOK: Polisielid geskiet toe hy glo bakstene steel
Hoor van geboorte oor radio
Hy het in ’n onderhoud vir 60 Minutes Australia van Us Weekly gesê hy moes van haar geboorte oor die radio hoor.
“Geen oproepe nie, ek het dit net oor die radio gehoor. Ek het twee dae voor die troue laas met Meghan gepraat.
“As ek iets verskrikliks verkeerd gedoen het, sou dit goed wees. Maar ek het nie. Ek wil net ’n antwoord hê. Meghan ignoreer my en nou het Harry dit aan sy pa gedoen. Dit is ’n lelike ding om te doen. Niks hiervan maak sin nie. Ek dink nie daar is probleme wat nie uitgewerk kan word nie. Ek het gesê ek is jammer oor die aanvanklike probleem. Ek sal nooit moed opgee nie.”
LEES OOK: Man staan twee dae na begrafnis ‘uit die dode uit op’



