Man staan twee dae na begrafnis ‘uit die dode uit op’

Deel hierdie storie / Share this story

RUSLAND. – Die familie van Grigory Vasilyev (79) was erg geskok toe hulle twee dae na sy begrafnis uitvind hy was nooit werklik dood nie.

LEES OOK: Vrou vermoor glo man, sny sy penis af en braai dit

In hospitaal opgeneem

Vasilyev is op 12 Mei 2021 in die hospitaal met ledemaatverswakking en onduidelike spraak weens ’n beroerte opgeneem. Minder as ’n week later is sy familie van sy afsterwe ingelig.

Toe dit egter tyd was om die liggaam uit te ken, het sy familie aan medici gesê dit is nie sy liggaam nie, waarna die familie verseker is ’n mens se liggaam verander baie nadoods en ook as gevolg van die nadoodse ondersoek. Die dokters het voortgegaan om papierwerk aan die familie te wys wat hulle verseker het dit is wel Vasilyev se liggaam.

Ander familie en vriende het tydens die begrafnis ook opgemerk dit lyk nie soos sy liggaam nie, maar almal het hulle finale afskeid op 19 Mei 2021 geneem.

Hospitaal maak groot fout

Slegs twee dae later het die familie ’n oproep van die hospitaal gekry wat hulle ingelig het Vasilyev het herstel en is gereed om gehaal te word.

Met groot skok het die hospitaal by navraag verduidelik die suster wat aan diens was, het  vergeet om te rapporteer dat sy twee pasiënte laat beddens ruil het. Ander personeel wat haar skof oorgeneem het, was nie daarvan bewus nie en die ander man het in Vasilyev se bed gesterf.

Die familie het dus ’n vreemdeling begrawe.

LEES OOK: Mej. SA-deelnemer as baba in ’n boks gelos