Vrou vermoor glo man, sny sy penis af en braai dit

Deel hierdie storie / Share this story

BRASILIË. – Dayane Cristina Rodrigues (33) het glo haar man met ’n mes doodgesteek voor sy sy penis afgesny het en dit in ’n pan gebraai het.

LEES OOK: Ma vermoor glo drie maande oue baba

Kaal, verminkte liggaam

Owerhede is op 7 Junie 2021 na die paartjie se huis ontbied waar hulle die man se kaal, verminkte liggaam gevind het.

Volgens owerhede het Rodrigues haar man se penis in ’n pan in die kombuis gebraai. Die insident het omstreeks 04:00 plaasgevind.

Die paartjie, wat vir 10 jaar lank saam was, het twee kinders van vyf en agt jaar oud. Daar is nie bevestig of die kinders teenwoordig was tydens die insident nie.

Stryery breek uit

Hulle het glo die aand gaan uiteet toe ’n stryery uitgebreek het. Die oorledene se suster beweer dit is omdat Rodrigues vermoed het haar man verneuk haar.

Rodrigues is in hegtenis geneem en haar prokureur beweer sy het haar man uit selfverdediging doodgemaak.

LEES OOK: Moord met dinamiet