Moord met dinamiet

Deel hierdie storie / Share this story

Dewetsdorp, in die ou Vrystaat, is ’n klein dorpie met ’n groot storie. Dit het in 1927 die internasionale nuus gehaal. 

Huibrecht de Leeuw was die stadsklerk in 1921, maar skielik op ’n dag in 1927 kon hy nie meer die finansiële druk van sy privaat huishouding hanteer nie. Hy maak toe herhaaldelik lenings by die munisipaliteit, wat hy self goedkeur, maar nooit terugbetaal nie.

LEES OOK: Man kap glo meisie dood

Boeke word ondersoek

De Leeu was in ’n hoek gedruk toe ’n ondersoekspan die dorp se finansiële boeke wou deurgaan.

LEES OOK: Ma vermoor glo drie maande oue baba

De Leeuw maak ’n plan

Jan van der Westhuizen gee vir De Leeuw dinamiet, nadat De Leeuw vir hom ’n fabel vertel het oor hoekom hy die dinamiet benodig.

De Leeuw het net daarna die stadsaal opgeblaas in ‘n poging om ontslae te raak van die bewyse dat hy geld verduister het. 

Mense dood

Die drie finansiële adviseurs is in die ontploffing dood en twee ander beswyk drie dae later aan hulle beserings.

De Leeuw is op drie aanklagte van moord in hegtenis geneem en het tydens sy hofsaak geskree dat hy onskuldig is. Hy is op 30 September 1927 gehang.

Gaan loer gerus na hierdie skakel vir meer oor die gebeure:

www.geni.com/people/Petrus-Johannes-Daniel-Viljoen/6000000035201640148

https://trove.nla.gov

https://www.familysearch.org/tree/person/details/LRNR-7CR