NEW JERSEY. – “My baba, my baba, ek het na die badkamer toe gegaan en my baba het by die venster uitgeval.” Dit is die woorde van ‘n ma (23) wie se seuntjie (3) dood is nadat hy by die venster van sy ouerhuis uitgeval het en deur die gesin se twee honde in die agterplaas verskeur is.
Volgens ABC-nuus het die voorval Donderdagmiddag om 17:30 plaasgevind. Die presiese gebeure rondom die voorval is nie bekend nie. Die ma het agtergekom wat het gebeur en het dadelik na buite gestorm. Haar hande en klere was vol bloed soos sy die honde van haar seuntjie probeer aftrek het.
Bure het gesien hoe seuntjie deur honde verskeur word
Die seuntjie is na die plaaslike mediese sentrum van Trinitas gehaas, waar hy kort na 18:30 dood verklaar is. Die waarnemende aanklaer van Union County, Lyndsay Ruotolo, en verskeie ander polisiebeamptes het gesê die omstandighede word ondersoek en daar is in hierdie stadium geen aanklagte gelê nie.
Plaaslike media het met mense in die buurt gepraat en volgens hulle was die pitbulls glo altyd baie aggressief. Daar word ook beweer die agterplaas waarin die seuntjie geval het was besaai met honde-ontlasting, motorfietse, kraggereedskap en puin.
Dis nog nie bekend of die seun se dood verband hou met die val of die honde se aanval nie.
LEES OOK: Heining deurboor man wat probeer oorklim
LEES OOK: Video’s wys chaos vanoggend by Witbank-skool
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.



