Heining deurboor man wat probeer oorklim

Deel hierdie storie / Share this story

DURBAN. – Die skerp punte van ‘n heining het deur ‘n man se lyf gesteek toe hy bo-oor die heining probeer klim het.

Netcare 911 berig berig ‘n 43-jarige man het probeer om oor ‘n heining te klim toe hy geval het. In die voorval het die heining deur die man se lyf geboor.

Toe paramedici op die toneel aankom, het hulle gevind dat die man onderstebo hang met die penne diep in sy onderste ledemate. Die man het erge beserings opgedoen en is op die toneel behandel.

Om die man te bevry, moes ‘n Netcare 911-reddingstegnikus ‘n gedeelte van die heining met die hulp van die Ethekwini-brandweer wegsny.

Nadat die pasiënt gestabiliseer is, is hy na ‘n hospitaal vervoer vir verdere sorg.

LEES OOK: Kyk, Surtie-Richards te ruste gelê

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.