MPUMALANGA. – ’n Vrou (24) is glo Vrydag deur haar kêrel (33) in ’n geval van beweerde gesinsgeweld doodgekap.
LEES OOK: Ma vermoor glo drie maande oue baba
Bure bel die polisie
Brig. Leonard Hlathi, polisiewoordvoerder, sê bekommerde bure het die polisie ontbied toe hulle hoor hoe die buurman glo sy meisie aanrand. By hulle aankoms het die polisie die liggaam van ’n vrou met veelvuldige en ernstige beserings in ’n plas bloed aangetref.
Paramedici is ontbied en het die vrou op die toneel dood verklaar.
Verdagte vasgetrek
Die polisie het ’n saak van moord oopgemaak en onmiddellik na die verdagte begin soek.
Die verdagte is dieselfde dag nog vasgetrek en in hegtenis geneem.
Die verdagte sal vandag in die Eerstehoek-landdroshof op ’n aanklag van moord verskyn.
LEES OOK:



