BLOEMFONTEIN. – Die 19-jarige oud-Grey Alex Els is Saterdag by sy huis oorlede kort ná hy uit die hospitaal ontslaan is.
Els was vir 42 dae in die MediClinic in Bloemfontein waar hy teen die Covid-19-virus geveg het.
Hannali Els, Alex se ma, het in ‘n onderhoud aan Netwerk24 gesê Alex was ‘n gesonde jong man toe hy op 6 Junie uit die hospitaal ontslaan is.
Grey Kollege het in ‘n verklaring sy medelye oor Alex se dood uitgespreek.
“Ons is onsettend jammer om van sy afsterwe te verneem. ‘n Grey-man in murg en been. Die Grey-familie betreur sy afsterwe.”



