Pippie Kruger vier 12de verjaarsdag

Deel hierdie storie / Share this story

STILBAAI. – Pippie Kruger, wat deesdae soveel mense inspireer na ‘n fratsongeluk wat 10 jaar gelede plaasgevind het, het onlangs haar 12de verjaarsdag gevier.

Pippie is tydens ‘n Oujaarsaand-braai op haar gesin se plaas tydens ‘n fratsongeluk met ‘n bottel vuuraansteekjel ernstige brandwonde opgedoen en Suid-Afrikaners het haar as ‘n klein vegtertjie leer ken.

“Ons het destyds nie gedink sy sou die eerste aand na die ongeluk oorleef nie.”

Sy het derdegraadse brandwonde aan 80% van haar liggaam opgedoen.

Daar is ‘n Facebook-blad, Hello Pippie, gestig waar Pippie se vordering en nuwe inligting oor haar operasies met ondersteuners gedeel word.

Sy het aan die begin van die jaar haar 60ste operasie ná die fratsongeluk ondergaan.

In ‘n onderhoud met Netwerk24 sê Anicè Kruger, Pippie se ma, Pippie kla nooit. “Sy raak nooit down of depro nie. Sy lag altyd en sien die lewe soos mens dit behoort te sien.”