KRUGERSDORP. – Die liggaam van ‘n bekende veearts hier, dr. Corli van der Walt (43), is die naweek in haar motor met verskeie skietwonde gevind.
Kapt. Mavela Masondo, polisiewoordvoerder, sê Van der Walt het verskeie skietwonde aan haar bolyf gehad. “Die polisie ondersoek tans ‘n saak van moord. Die motief vir die moord is onbekend.”
Veearts was ‘n goeie mens
Die kliniek waar sy vir die afgelope vier jaar gewerk het, Bromhof-dierekliniek, skyf op Facebook die voorval het gebeur toe sy op pad werk toe was. Die kliniek het hulle medelye met die gesin uitgespreek. Volgens hulle was sy altyd vriendelik en het nie omgegee om die ekstra myl vir die mense om haar te stap nie.
Die polisie versoek enigiemand met meer inligting oor die voorval om die Stop Misdaad-nommer by 086 001 0111 te skakel.
LEES OOK: Seuntjie (3) deur honde verskeur toe hy by venster uitval
LEES OOK: Video’s wys chaos vanoggend by Witbank-skool
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.



