Fikile Cele (22), ’n Mej. SA-deelnemer, is as baba verlate in ’n boks agter ’n fabriek gelos.
LEES OOK: Moord met dinamiet
In boks gelos
Oorspronklik van Durban, het sy aan Newsflash gesê sy is deur ’n Indiërvrou grootgemaak wat haar in die boks agter die fabriek opgespoor het.
“Mense is altyd verbaas dat ek nie Zulu of my moedertaal verstaan nie. My ma was omtrent 15 of 16 jaar oud toe sy geboorte aan my geskenk het. Sy het vandag Johannesburg na Durban van haar familie gevlug en my agter ’n verlate fabriek gelos. Al wat saam met my in die boks was, was my geboortesertifikaat. Dit is al van my identiteit wat ek het.
Aangeneem
“My aangenome ma het my gevind en ek is op twee maande oud wettiglik deur haar aangeneem. Ek het nooit regtig my biologiese ma geken nie, alhoewel sy my soms besoek het. Sy is oorlede toe ek vyf jaar oud is.”
LEES OOK: Ma vermoor glo drie maande oue baba



