Kêrel op parool verkrag sy meisie se 10-jarige dogter

Deel hierdie storie / Share this story

OOS-KAAP. – ‘n Kêrel, Mziwoxolo Mcimeli (45), van Aliwal-Noord, is tot lewenslank gevonnis nadat hy sy meisie se 10-jarige dogter verkrag het.

Kapt. Ursula Roelofse, polisiewoordvoerder, sê die ma van die tienjarige slagoffer het haar op 21 September 2019 omstreeks 21:00 by die huis gelos en na haar kêrel gaan soek wat by hulle in Phola Park gebly het.

Kêrel was uit op parool toe hy dogter verkrag

Gedurende die tyd wat sy na hom gaan soek het, het die kêrel na die huis teruggekeer en die dogtertjie verkrag. Hy het daarna vir haar gesê dat sy niemand moet vertel nie.

Die volgende oggend vroeg het die meisie haar ma vertel wat gebeur het en die verdagte is op 22 September 2019 in hegtenis geneem. Hy het in aanhouding gebly en het nie borgtog ontvang nie omdat hy reeds op parool was.

Mcimeli is in die Sterkspruit-streekhof skuldig bevind op aanklag van verkragting.

LEES OOK: Seuntjie (3) deur honde verskeur toe hy by venster uitval

LEES OOK: KYK: chaos vanoggend by Witbank-skool

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.

FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.