Polisielid geskiet toe hy glo bakstene steel

Deel hierdie storie / Share this story

KAAPSTAD. – ’n Polisielid is Maandagoggend 14 Junie 2021 doodgeskiet terwyl hy glo besig was om bakstene te steel. Hy was nie in daardie stadium aan diens nie.

LEES OOK: Gladdejantjies van vars vrugte vir ontbyt

Polisielede kom op mans af

Brig. Novela Potelwa, polisiewoordvoerder, sê polisielede het op vier mans afgekom wat by ’n bouterrein in Khayelitsha besig was om bakstene in ’n afleweringsvoertuig te laai.

Die mans het van die toneel af gevlug en twee verdagtes is met behulp van veiligheidswagte in hegtenis geneem. Terwyl die polisie besig was om die verdagtes in die vangwa ta laai, het ’n derde verdagte op hulle begin skiet.

Beswyk aan sy wonde

“Die polisie het teruggeskiet en die verdagte is getref. Hy is na ’n plaaslike hospitaal geneem, maar het aan sy wonde beswyk.”

Dit het later aan die lig gekom die oorledene is ’n lid van die polisie wat nie daardie dag aan diens was nie. Die vuurwapen waarmee hy geskiet het, was sy dienspistool.

Die oorledene se huis is ook ondersoek en bewyse wat hom met ’n gewapende rooftog verbind, is ook gevind.

LEES OOK: Man staan twee dae na begrafnis ‘uit die dode uit op’