Man (21) slaan suster met baksteen, verkrag haar en los haar vir dood

Deel hierdie storie / Share this story

KAAPSTAD. – ‘n Man (21) het sy suster, 15 jaar tydens die voorval, met ‘n baksteen teen die kop geslaan, met ‘n mes in die maag gesteek en daarna verkrag.

Volgens die woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag, Anelisa Ngcakani, het die beskuldigde by die huis aangekom nadat hy saam met vriende dwelms gebruik het. Hy en sy suster het in ‘n woordewisseling betrokke geraak waarna hy haar met ‘n baksteen begin slaan het.

Hy het sy suster daarna verkrag. Sy het probeer terugbaklei deur hom in die gesig te krap. Dit is toe dat hy haar aanhoudend op die kop met ‘n baksteen geslaan het.

Die broer en suster was ten tyde van die voorval alleen by die huis.

Die beskuldigde het 25 jaar tronkstraf gekry vir die verkragting van sy suster en poging tot moord.

LEES OOK: Vrou (29) ‘te dronk’ om verkragting van 13-jarige te onthou

LEES OOK: Moontlik nóg strenger inperkings vir Suid-Afrikaners

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.