Vrou (29) ‘te dronk’ om verkragting van 13-jarige te onthou

Deel hierdie storie / Share this story

OOS-KAAP. – ‘n Vrou (29) sê sy was te dronk om die voorval te onthou toe sy ‘n 13-jarige seun verkrag het.

In Junie 2020 het die seun en sy vriend (13) die beskuldigde, Thembakazi Dyamani, vergesel na ‘n familielid van haar wat ook in Gqeberha gebly het. Dyamani is nie familie van die seuns nie, maar die seuns het haar geken.

Anelisa Ngcakani, die NVG-streekswoordvoerder, sê die seuns het toe ook die nag by Dyamani se familielid deurgebring.

“Dyamani, wat tussen die seuns geslaap het, het die 13-jarige deur die loop van die aand verkrag. Die volgende dag het die seun vir sy vriend vertel wat gebeur het. Hy het hom aangeraai om vir sy ouers te vertel,” volgens Ngcakani.

Dyamani het op 25 Maart 2021 skuld erken en is die week tot 13 jaar tronkstraf gevonnis.

LEES OOK: Moontlik nóg strenger inperkings vir Suid-Afrikaners

LEES OOK: Seuntjie (3) deur honde verskeur toe hy by venster uitval

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.