Ma verdrink glo haar vyf kinders in die bad, probeer selfdood pleeg

Deel hierdie storie / Share this story

DUITSLAND. – ’n Ma (28) van ses kinders het glo vir vyf van haar kinders medikasie gegee om hulle slaperig te maak voordat sy hulle almal in die bad verdrink het. Haar oudste seun (11) was tydens die voorval in die skool, wat moontlik sy lewe gered het.

LEES OOK: Man staan twee dae na begrafnis ‘uit die dode uit op’

Lewelose liggame opgespoor

Volgend owerhede is die lewelose liggame van drie dogters wat een, twee en drie jaar oud was, sowel as twee liggame van twee seuns wat ses en agt jaar oud was, in die ma se woonstel in Solingen gevind.

Elke kind het op ’n bed gelê en was met ’n handdoek toegedraai.

Probeer selfdood pleeg

Die ma, wat net bekend is as Christiane K, het daarna probeer selfdood pleeg deur voor ’n trein in te spring, maar is betyds gered en het net geringe beserings opgedoen.

Sy het deurgaans volgehou sy is onskuldig en sê ’n gemaskerde man het by haar woonstel ingebreek en haar kinders vermoor. Owerhede kon geen bewyse daarvan opspoor nie.

Daar word bespiegel sy het met haar eks-man voor die moord op die kinders oor sy nuwe meisie baklei.

Aanklaers glo Christiane K. kan tot lewenslange tronkstraf gevonnis word indien sy skuldig bevind word.

LEES OOK: Gladdejantjies van vars vrugte vir ontbyt