KRUGERSDORP. – Die polisie is steeds op soek na die verdagte(s) nadat die liggaam van dr. Corli van der Walt (43), ‘n veearts, die naweek met verskeie skietwonde in haar motor gevind is.
”Die polisie ondersoek ‘n moordsaak. Die motief vir die moord is steeds onbekend,” het kapt. Mavela Masondo, polisiewoordvoerder, gesê.
FiND iT het vroeër berig die kliniek waar sy vir die afgelope vier jaar gewerk het, Bromhof-dierekliniek, skyf op Facebook die voorval het gebeur toe sy op pad werk toe was.
LEES OOK: Veearts se liggaam met talle skietwonde in motor gevind
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.



