NOORD-WES. – Die 20 liggame wat gister langs die treinspoor tussen Klerksdorp en Orkney gevind is, is glo dié van onwettige myners en kan moontlik met ’n gasontploffing wat drie weke gelede ondergronds plaasgevind het, verbind word.
LEES OOK: Byna 20 liggame by treinspoor in Noord-Wes gevind
Dit is nog nie deur die polisie bevestig nie.
Daar is ook ’n moontlikheid dat meer liggame ondergronds gevind kan word.
Volgens Klerksdorp Record is die liggame in graansakke langs die treinspoor gestort.
Hou FiND iT dop vir verdere inligting.
LEES OOK: Meghan se pa hoor oor radio van Lili se geboorte – ontsteld



