Labrador benodig dringend donasies na ongeluk haar been breek

Deel hierdie storie / Share this story

Bella, ‘n ses maande oue Labrador Retriever, het dringend donasies nodig om vir ‘n operasie aan haar regterbeen te betaal.

Frances Kriel, haar eienaar, vertel hoe Bella haar dybeen gebreek het toe sy agter twee dwergbokkies aangehardloop het.

“Ons het na twee dwergboklammertjies omgesien vir ‘n naweek en die Saterdag het die bokkies op die grasperk rondgedwaal. Bella het agter een aangehardloop. Die bokkies het ‘n skuiling uit palette gehad wat Bella gekeer het om by hulle uit te kom. Bella het toe ‘n manier gekry om haarself daar in te kry en haar been is in ‘n gleuf van die palet vasgevang. Sy was ernstig beseer en ons het dit moontlik erger gemaak deur haar daar te probeer uitkry.”

Kriel sê hulle het Bella na Douglas Vet geneem waar haar wond ondersoek is.

Bella moet nou ‘n operasie van R11 315,00 ondergaan om haar been te herstel en ‘n deposito van R5 657,50 is nodig voordat die operasie kan begin.

Kriel sê hulle het tot dusver al R1 900 vir die operasie ingesamel.

“Daar is tans nog bloeding op haar been, maar hulle het vir haar medikasie gegee om die bloed te stol sodat die operasie gedoen kan word.”

Indien jy meer inligting wil hê, kontak vir Frances Kriel by 079 491 3354 of Douglas Vet by 053 298 1346.

As jy ‘n bydrae wil lewer, hier is die bankbesonderhede:

Douglas Vet
FNB Tjek
Rekeningnommer: 62774852521
Verwysing: 8444 of 8444Bella

(Let op na die verwysing. Enige inbetalings sonder ‘n verwysing, sal nie vir Bella se operasie gebruik kan word nie.)

of

Frances Kriel
Standard Bank
Rekeningnommer: 143771477
Verwysing: 8444 of 8444Bella