Rox-Zee van Boer Soek ‘n Vrou swanger

Deel hierdie storie / Share this story

Rox-Zee Veldhuizen, van Boer Soek ‘n Vrou, het onlangs op haar Instagram-profiel bekendgemaak dat sy swanger is.

“Ek kan nie wag om daardie klein voetjies te soen nie,” lui haar inskrywing saam met ‘n sonarfoto van haar baba se voete.

Ons het Veldhuizen leer ken in die 11de seisoen van die gewilde Boer Soek ‘n Vrou en baie lesers was bly toe dit gelyk het of sy liefde in boer Rèan Claassen se arms gevind het. Die twee was selfs vir ‘n rukkie verloof, maar het die verlowing in April 2019 verbreek.