Dalk die nuutste tatoe-neiging vir getroudes?

Deel hierdie storie / Share this story

Neigings op die internet kom en gaan. Hierdie tatoe-neiging gaan jy nie sommer van ontslae kan raak as jy dit eers probeer het nie.

Hierdie nuwe neiging op die internet daag getroudes uit om identiese tatoes te kry, maar nie sommer enige tatoe nie. Die tatoe lyk amper soos die tag wat aan ‘n ligaam se toon by die lykshuis gesit word. Jou geboortedatum kom op die tag asook die dag wat jy “dood” is. Die datum stel jou troudag voor. Oorsaak van jou dood word dan geskryf as “huwelik”.

Getroudes wat die identiese toe tags gekry het, het daarmee op Reddit gespog.

“Ek vind hierdie eintlik baie oulik, maar ook snaaks. Ek hoop hulle bly getroud, anders gaan dit nogal sleg vir hulle wees,” lui een van die kommentare op die app.

LEES OOK: ‘Daar is nie ‘n tienling nie’ sê familie van die pa

Hou FiNDiT dop vir die nuutste nuus.