Gedenkdiens vir oud-Cheetah na Covid hom eis

Deel hierdie storie / Share this story

BLOEMFONTEIN. – Daar sal Saterdag 19 Junie ‘n gedenkdiens vir Dougie Heymans plaasvind.

Die diens sal by Be Human op Middelwater, buite Bloemfontein, plaasvind.

Heymans het sy stryd teen Covid-19 verloor na hy vir ‘n week in die Life Rosepark-hospitaal behandel is. Hy is twee dae voor sy dood aan ‘n ventilator gekoppel. Hy is oorlede na hy Maandagmiddag ‘n bloedklont in sy longe opgedoen het.

Heymans was ongelukkig om nié in sy leeftyd vir die Springbokke te speel nie, maar het in sy leeftyd 154 wedstryde vir die Vrystaat gespeel.

Hy was tot met sy afsterwe direkteur van Shimlas Rugby.

“Kom ons vier ‘n man, pa, held, legende se lewe.”