Lina Marcela Medina (5): wêreld se jongste ma

Deel hierdie storie / Share this story

Toe die vyfjarige Lina Marcela Medina se maag begin opswel en sy van maagpyn begin kla het, was dokters seker daarvan dat sy ‘n gewas in haar maag het.

Ná dokters egter toetse gedoen het, kon hulle vasstel dat Medina eintlik sewe maande swanger was. Sy het weke later in Mei 1939 geboorte aan ‘n gesonde babaseun gegee.

Jongste ma ter wêreld

Nou, 80 jaar later, is Medina steeds die jongste persoon ter wêreld wat geboorte gegee het.

Medina is in 1933 in ‘n klein dorpie in Peru gebore.

Op vyfjarige ouderdom begin kla oor maagpyn

Sy het op die ouderdom van vyf jaar en sewe maande begin kla dat sy maagpyn het. Slegs weke later, op 14 Mei 1939, het sy deur middel van ‘n keisersnee geboorte aan ‘n babaseun gegee.

Haar baba, wat sy Gerardo genoem het, het 2,7 kg by geboorte geweeg.

Medina en Gerardo is as boetie en sussie grootgemaak.

Ly aan voortydige puberteit

Dokters het later vasgestel dat Medina aan voortydige puberteit, ‘n toestand waartydens die seksorgane vroeër ontwikkel, gelei het. Haar ma het ook later aan die media erken dat sy op die ouderdom van 3 jaar oud begin menstrueer het.

Pa nooit geïdentifiseer nie

Daar is ondersoek gedoen om vas te stel wie die pa van Medina se seun is, maar die man is nooit geïdentifiseer nie.

Gerardo en Medina het as boetie en sussie grootgeword. Gerardo is in 1979 op die ouderdom van 40 oorlede.

Medina is vandag 85 jaar oud en woon steeds in Peru. Na wat berig word, het sy geweier om ooit haar verhaal te vertel en sê sy wil eerder ‘n normale lewe lei. – Bronne: History of Yesterday, The Sun, Rare Historical Photos

Lina Medina in 2018