Skoonouers – jy kan hulle nie kies nie

Deel hierdie storie / Share this story

Families word groter met skoonouers, skoondogters en skoonseuns wat bygevoeg word. Vreemdelinge wat eers net onbekende gesigte was, moet jy ewe skielik as ma en pa aanspreek. Dis nie vir almal maklik om hulle harte oop te maak en “vreemdelinge” deel van hulle familie te maak nie.

’n Groot verandering in jou lewe

Meeste van ons is gelukkig om ’n ma en pa te hê vir wie ons baie lief is. Dan word ons ouer, trou met ’n man of vrou en kry dan nog ’n ma en pa by. Hierdie kan ’n moeilike stap in jou lewe wees. Nou moet jy aanleer om vir hulle ook ma en pa te sê. Jy word deel van ’n nuwe familie, maar alles verloop nie altyd seepglad nie.

Almal het al grappies oor skoonouers gehoor. Ons almal weet ook van iemand wat nie met hulle skoonouers oor die weg kom nie. Hoekom sal dit so wees? Om te trou en ouers by te kry, is ’n groot lewensveranderende proses.

Onthou die volgende waanneer dit kom by jou skoonouers:

Sit ’n wag voor jou mond

Indien jou skoonouers iets sê waarvan jy nie hou nie, dink eers voor jy terugantwoord. Soms as ons nie dink voor ons praat nie, sê ons woorde waaroor ons later spyt is.

Praat met jou man/ vrou

Kommunikasie is belangrik. Indien jou skoonouers iets doen of sê wat jou ongelukkig of hartseer maak, vertel jou wederhelf.

Weet waar om die streep te trek

Hierdie is die belangrikste punt om te onthou. Jy is ’n volwassene en jou eie mens. Niemand kan jou verander nie. Moenie dat mense jou voorsê of verneder nie.

Indien jy ’n anonieme storie/ staaltjie oor ’n voorval tussen jou en jou skoonouers wil instuur, stuur dit na [email protected].

LEES OOK: ‘Daar is nie ‘n tienling nie’ sê familie van die pa

Hou FiNDiT dop vir die nuutste nuus.