GAUTENG. – Die bloeduitslae van die bebloede gastekamer wat op 3 Mei 2021 in Kemptonpark ontdek is en moontlik verband kan hou met die moord op Yolandi Botes (35), is moontlik binnekort gereed.
Odette van Staden, een van Mike Bolhuis se privaat speurders, het aan Kempton Express gesê hulle verwag die bloeduitslae van die gastekamer binnekort.
LEES OOK: Lyftaal praat soms harder as woorde
Bloeduitslae sal duidelikheid gee
Die bloeduitslae sal uiteindelik duidelikheid kan bied oor of Yolandi Botes, wat op 26 April 2021 vermis geraak het en wie se geskende liggaam op 4 Mei 2021 in die Vaalrivier opgespoor is, met die bebloede gastekamer verbind kan word.
Volgens wat van die polisie verneem word, is die bolyf en vingerpunte van die liggaam nog nie opgespoor nie.
Die gru-moord het die nasie geruk en elke liewe persoon wat die ondersoek volg, wag op hete kole vir antwoorde oor wat met Yolandi gebeur het.
LEES OOK: Bedwelm, verkrag meisie, vermoor ma



