IOL vra nou ondersoek na berig van tienling

Deel hierdie storie / Share this story

Die bestuur van Independent Media word deur die Suid-Afrikaanse Nasionale Redakteursforum (Sanef) versoek om ondersoek in te stel nadat Pretoria News (IOL) op 8 Junie berig het oor ‘n ma wat aan ‘n tienling, ‘n moontlike Guinness-wêreldrekord, geboorte gegee het.

“Suid-Afrika, ek is ‘n betroubare joernalis wat nooit vir jou gejok het nie. Independent Media ook nie. Ons sal nie vandag begin nie. Ons is besig met iets groters. ‘n Sameswering. ‘n Toesmering. Wees gerus, vertrou ons. Ons sal julle nie teleurstel nie,” skryf Piet Rampedi, redakteur van Pretoria News.

IOL berig eerste oor tienling

Die nuus van die tienling is eerste deur Pretoria News (IOL) gebreek. Die babas is nooit op foto’s gewys nie. Geen hospitaal kon bevestig die babas was daar gebore nie. Sedertdien het baie vrae by mense ontstaan. Waar is die babas? Waar is die ma? Hoeveel babas was daar regtig?

Dinsdagaand het die pa van die beweerde tienling in ‘n verklaring wat deur die familie uitgereik is bevestig hy self het nog nooit die babas gesien nie.

LEES OOK: ‘Daar is nie ‘n tienling nie’ sê familie van die pa

LEES OOK: Hospitaal waar tienling gebore is, nog nie geïdentifiseer nie

LEES OOK: Suid-Afrikaners wil 10 babas sien voor hulle dit glo

Hou FiNDiT dop vir die nuutste nuus.