Richardsbaai-branderplankryer stort inmekaar, sterf

Deel hierdie storie / Share this story

RICHARDSBAAI. – ‘n Branderplankryer (30) het die naweek in die parkeerarea van die strand ineengestort en gesterf nadat hy na bewering sleg gevoel het.

Daar word beweer die branderplankryer het aan mense op die strand gesê hy voel nie goed nie. Hy was op pad na sy motor, om hopsitaal toe te gaan, toe hy glo sterf.

Die Nasionale Seereddingsinstituut se paramedici het ressusitasie toegepas, maar hy het geen teken van lewe getoon nie. Die liggaam van die man is na die KZN-patologiedienste geneem. Die polisie sal ‘n ondersoekdossier open.

LEES OOK: Ma van ‘tienling’ wys glo geen tekens van swangerskap, geboorte

Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.