PRETORIA. – Eyewitness News het gaan ondersoek instel en beweer die vrou wat sê sy het aan ‘n tienling geboorte geskenk, toon geen tekens dat sy die afgelope twee weke swanger was of ‘n baba gebaar het nie.
“Die mediese evaluering, by die Thembisa-hospitaal aan die Oos-Rand van Gauteng, het geen tekens van swangerskap getoon nie. Dit wys ook dat daar geen fisiese letsels is om ‘n onlangse keisersnit aan te dui nie,” het ‘n bron na aan die ondersoek aan EWN-nuus gesê.
FiND iT het vroeër berig Gosiame Thamara Sithole (37) is gisteroggend glo teen haar wil by die polisie aangehou. Sithole word glo vir 72 uur aangehou om ‘n psigiatriese evaluering te doen.
LEES OOK: Ma van ‘tienling’ glo teen haar wil deur polisie aangehou
LEES OOK: VIDEO: Ma van ‘tienling’ verbreek stilte
Hou FiNDiT dop vir die nuutste nuus.



