PREOTRIA. – Daar word beweer die ma van die “tienling”, Gosiame Thamara Sithole (37), is glo vanoggend teen haar wil deur die polisie aangehou.
IOL beweer Sithole se prokureur, Refiloe Mokoena, het gesê die polisie het Sithole teen haar wil gehou en haar toegang tot regsverteenwoordiging geweier en gesê dat hulle haar aan die Gautengse departement van maatskaplike ontwikkeling moet oorhandig. Daar word verder berig Sithole is glo by ‘n familielid opgelaai en na die polisiestasie geneem. Dit hou glo verband met die saak waarin die beweerde tienling se pa die ma en die baba’s as vermis aangemeld het.
LEES OOK: VIDEO: Ma van ‘tienling’ verbreek stilte
Sithole het later aan Independent Media gesê sy is glo deur polisiebeamptes sonder uniforms en ‘n gemerkte voertuig opgelaai.
Polisiebeamptes het toe glo daarop aangedring dat hulle Sithole aan die departement van maatskaplike ontwikkeling moet oorhandig. Sy is na bewering na ‘n hospitaal vir psigiatriese evaluering geneem.
IOL beweer Sithole het egter gesê dat sy reëlings getref het vir ‘n onafhanklike evaluering deur ‘n privaat sielkundige.
LEES OOK: Hospitaal waar tienling gebore is, nog nie geïdentifiseer nie
LEES OOK: Suid-Afrikaners wil 10 babas sien voor hulle dit glo
Hou FiNDiT dop vir die nuutste nuus.



