Hoekom skinder jy?

Deel hierdie storie / Share this story

Hoekom skinder jy? Hierdie vraag sal baie mense ongemaklik maak en baie sal alles doen om dit te vermy, maar wanneer dit by staaltjies en skinderstories kom, sal jy verbaas wees hoeveel mense van elke kleur, geslag, ouderdom en godsdiens staan nader om ’n bydrae te lewer.

LEES OOK: Tweede leeu dood weens Covid-19

Hoekom skinder mense?

  • Skinder laat die persone wat skinder vir die oomblik beter voel oor hulself;
  • Skinder plaas die ander persoon in ’n slegte lig, wat merendeels die doel is;
  • Studies het bewys persone wat skinder is nie gewoonlik gewild nie;
  • Wanneer jy van iemand skinder, word almal se aandig oombliklik op jou gefokus;
  • Om meerderwaardig te voel;
  • Uit verveling;
  • Uit afguns;
  • Om deel van die groep te wees;
  • Om mag te verwerf;
  • Uit woede of ongelukkigheid.

Kan skinder skade aanrig?

  • Dit kan pyn en hartseer veroorsaak vir die persoon waaroor daar geskinder word;
  • Dit kan die persoon in ’n slegte lig stel;
  • Dit kan vertroue breek;
  • Dit kan tot depressie lei;
  • Dit kan vriendskappe opbreek;
  • Dit kan ’n persoon se reputasie verwoes;
  • Dit kan woede veroorsaak.

LEES OOK: Baba verlate agter kliniek gevind