Bejaarde (81) glo kaal uitgetrek en geslaan

Deel hierdie storie / Share this story

OOS-KAAP. – ‘n Bejaarde vrou (81) is na bewering kaal uitgetrek, met toue vasgebind en geslaan nadat sy van heksery beskuldig is.

Brig. Tembinkosi Kinana, polisiewoordvoerder, sê die polisie is deur ‘n gemeenskapslid na die toneel ontbied. Die polisie het saam met amptenare van die munisipaliteit, tradisionele leiers en mense van die departement van maatskaplike ontwikkeling op die toneel opgedaag. Hulle het die bejaarde vrou uit die skare probeer red.

“Die bejaarde vrou is gered en na ‘n plek van veiligheid geneem.”

Verdagtes wat bejaarde glo geslaan het, vasgetrek

Die polisie het ‘n saak van aanranding met die doel om ernstig te beseer en ontvoering geopen. Nog klagtes kan bygevoeg word soos die saak ondersoek word.

Volgens Kinana is ses verdagtes sover in hegtenis geneem. Die ses verdagtes sal in aanhouding bly tot hulle op 22 Junie in die hof verskyn.

LEES OOK: Egpaar moet baba op 25 weke laat aborteer

Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.

FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.