NIEU-ZEELAND. – ‘n Egpaar moes die besluit neem om hulle baba, hulle eersteling, op 25 weke te laat aborteer nadat die vroedvrou twee skanderingsafsprake gemis het.
Die man en vrou mos die besluit neem nadat die vroedvrou nie die skanderings bygewoon het nie en toe nie die uitslae kon lees nie. Die skanderings het erge afwykings gewys.
Egpaar wat baba aborteer, om verskoning gevra
Daar word beweer die afwykings kon al op 16 weke gesien word, maar as gevolg van die uitslae wat nie deur die vroedvrou gelees is nie, is dit misgekyk.
Twee jaar na die tragiese gebeurtenis is die egpaar ‘n verskoning van die vroedvrou aangebied ná ‘n ondersoek deur die land se gesondheidswaghond, Health and Disability Commission (HDC). Rose Wall, adjunk-kommissaris vir gesondheid en gestremdheid, het die vroedvrou gekritiseer omdat sy nie die resultate van twee skanderingsondersoeke gelees het nie en gesê dat dit ‘n “basiese vereiste van enige gesondheidswerker” is.
LEES OOK: Onherkenbaar verbrande liggaam in kattebak gevind
LEES OOK: Ma van ‘tienling’ wys glo geen tekens van swangerskap, geboorte
Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.



