December 3, 2021

Onherkenbaar verbrande liggaam in kattebak gevind

Enigiemand met inligting wat die polisie kan help, word versoek om die ondersoekbeampte, Thabo Sekgororoana by 082 520 1588 te kontak.

Onherkenbaar verbrande liggaam in kattebak gevind

Onherkenbaar verbrande liggaam in kattebak gevindFoto:techrepublic.com

POTCHEFSTROOM – Die polisie op Klipgat ondersoek ‘n saak van moord na ‘n verbrande liggaam in ‘n verbrande voertuig by ‘n sokkerveld op Klipgat gevind is.

“Die polisie is omstreeks 07:00 op Donderdag 17 Junie 2021 na die toneel ontbied. Met hulle aankoms is ‘n sedan gevind wat heeltemal verbrand was. Met verdere ondersoeke het hulle die verbrande lyk van ‘n man in die kattebak van die voertuig gevind,” sê kol. Adéle Myburgh, polisiewoordvoerder.

Die polisie kan nie bevestig wat gebeur het nie en die ondersoek duur voort. Daar word beweer dat dit moontlik die eienaar van die voertuig kan wees wat vermis is sedert die voorval aangemeld is. Die identiteit van die man kan egter nie bevestig word nie, aangesien die liggaam onherkenbaar verbrand was. DNA-toetse word gedoen om die man te identifiseer.

Enigiemand met inligting wat die polisie kan help, word versoek om die ondersoekbeampte, Thabo Sekgororoana by 082 520 1588 te kontak.

LEES OOK: Ma van ‘tienling’ wys glo geen tekens van swangerskap, geboorte

Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *