Skool gebruik joga om leerlinge pandemie-druk te help hanteer

Deel hierdie storie / Share this story

ATLANTA. – Die pandemie het sy tol geëis op kinders regoor die wêreld, maar ‘n skool in Atlanta het besluit om kinders te help om die stres te hanteer – deur jogamatte uit te rol.

“Kinders het reeds voor die pandemie getref het met dinge soos stres, angstigheid en kuberboelies te doen gehad,” sê dr. Kali Arnold oor die Namaste-projek. “Toe gebeur die pandemie wat net nog meer stres op hulle geplaas het.

Die openbare skool in Atlanta, Laerskool Beecher Hills, en die Namaste-projek het toe koppe bymekaar gesit om meditasie en joga weekliks vir die leerlinge beskikbaar te stel.

“Ons hoop dat die Mindful Maandae en Namaste Dinsdae ‘n bietjie verligting sal bring vir leerlinge wat die druk van lewe in ‘n pandemie moet hanteer.”

“Op die ou end gaan dit alles hulle ook in die klaskamer help.”

“Navorsing toon dat joga voordele het soos om ‘n kind se gedrag te verbeter en toetspunte te verhoog,” sê Danielle Brunson, joga-onderwyser vir die Namaste-projek.

Die lesse bevat ‘n verskeidenheid van joga-posisies en asemhalingswerk tot begeleide tekenoefeninge.

“Ek sien hoe leerlinge die asemhalingsoefeninge wil doen, in staat om hulle emosies te beheer, en dis wat vir my die indrukwekkendste is.”

“Hopelik leer ons hulle nie net iets wat hulle kan help nie, maar gaan hulle ook huis toe en deel dit met hulle gesinne. Hopelik vind die gemeenskap ook baat by wat ons hier doen.”