Hond help om slagoffers in hof rustig te hou

Deel hierdie storie / Share this story

Lol, die swart labrador, is ’n hof-hond. Hy help om slagoffers in die hof rustig te hou.

Twee jaar gelede het Lol die eerste hond in Europa geword wat amptelike geregtelike steun aan misdaadslagoffers verleen het, veral diegene wat onder geweld of seksuele misbruik gely het. Hy ken die binnekant van ’n hof beter as enige oortreder.

LEES OOK: Hoekom skinder jy?

Hou vreemdelinge kalm

Die labrador is opgelei om kalm in die teenwoordigheid van vreemdelinge, insluitend jong kinders, te bly. Hy kan gespanne situasies, asook emosionele situasies soos kruisondervragings hanteer.

Staatsaanklaer Frédéric Almendros het aan BBC gesê hy het van ’n soortgelyke eksperiment in die Noord-Amerikaanse stad Seattle gehoor en besluit om dit in sy hof te probeer.

“Nadat ek ’n saak ondersoek het, vra ek die hond se hulp as ek glo dat die vertroosting daarvan die slagoffers sal help om oop te maak oor wat gebeur het, of selfs wanneer hulle in die hof moet getuig. Die hond, wat langs hulle in die hof sit, het al dikwels slagoffers gehelp om die spanning van ’n verhoor te hanteer.”

Slagoffers van alle ouderdomme

Tot dusver het Lol in 80 verskillende strafregtelike ondersoeke verskyn met slagoffers van drie tot 90 jaar oud.

LEES OOK: Tiener uit eie skoorsteen gered