Twee Facebook-groepe, Die Jam steeler en Die Jam steeler 2, wat ongeveer ’n maand gelede geopen is, sê in die beskrywing dit is anti-Mike Bolhuis-groepe. Die groepe se doel blyk om snaakse prentjies van Bolhuis, artikels, stemboodskappe en inligting oor ondersoeke en hofsake te plaas.
LEES OOK: Nuwe hoop in Abrie Raath-saak
Hofgeveg
Die stigter van die groepe, Lizelle Taljaard, is tans in ’n hofgeveg met Bolhuis en het ’n tydelike beskermingsbevel teen hom verkry.
Taljaard het ook gister ’n plasing van die saak tussen haar en Bolhuis, wat uitgestel is, gemaak.
Stemboodskappe van Bolhuis
Plasings van stemboodskappe en oproepe tussen Bolhuis en sy kliënte, waar hy sake en pryse bespreek, word ook op die groep geplaas. In een van die stemboodskappe sê Bolhuis aan ’n kliënt hy gaan hom opf** en noem ook die man se vrou ’n b****.
Mense wat al ’n stel met Bolhuis afgetrap het, word ook gevra om by die groep aan te sluit en vir Taljaard te kontak.
Spotprentjies van Bolhuis word ook gereeld gedeel en mense vertel van hulle eie ervaring in die kommentaar.
FiND iT het Bolhuis direk gekontak, maar nog geen terugvoer ontvang nie.
Bolhuis se prokureur, Rehan Coetzee van Steenkamp & Jansen Ingelyf, het vroeër aan Rapport gesê alle aantygings teen Bolhuis word ontken.



