PRETORIA. – Maande nadat die spreekwoordelike damwal gebreek het toe Megan Raaths (20) gesê het haar pa, Abrie Raath (46), het haar nie verkrag nie, is daar weer hoop.
LEES OOK: Hoekom skinder jy?
Vier keer lewenslank plus 20 jaar
Abrie is tans nog in die gevangenis in Pretoria nadat hy in 2012 vier keer lewenslank plus nog 20 jaar tronkstraf opgelê is nadat hy skuldig bevind is van die verkragting van sy dogter Megan. Megan was net nege jaar oud toe die beskuldiging gemaak is.
Pa onskuldig
Megan het in Februarie vanjaar aan Rapport erken sy was gebreinspoel en het oor die verkragting gejok. Sy het aan Rapport gesê haar pa is onskuldig en sy was vir die verhoor voorberei met ’n lys antwoorde wat sy soos ’n eksamen moes leer.
Nuwe hoop
’n Jaar na die openbaring is daar nou nuwe hoop in die saak.
FiND iT het kontak met Abrie se familie gemaak en hulle het aangedui dat nie hulle of Abrie hoop verloor het nie.
’n Forensiese ouditeur het hulp aangebied om die saak na te gaan. Die besonderhede hiervan word vir eers weerhou.
Die familie glo hierdie ondersoek sal nuwe lewe in die saak inblaas.
Versin dogter se dood
Abrie se eks-vrou, Zwanet Kühn, het die beskuldiging gemaak nadat sy ’n getekende prent van twee mense wat seks het in Megan se tas gekry het.
Sedertdien het Zwanet Megan, Megan se verloofde en Abrie se dood op sosiale media versin.
LEES OOK: Ouers in China mag nou drie kinders kry



