Medelye stroom in na man lewe tydens ‘padwoede-voorval’ verloor

Deel hierdie storie / Share this story

KLERKSDORP. – “Nuwe lewe, nuwe begin. Los die verlede agter,” was Nicky Botes se laaste woorde in ‘n inskrywing op Facebook voordat hy die naweek in ‘n beweerde padwoede-voorval doodgeskiet is.

Kol. Adele Myburg, polisiewoordvoerder, het bevestig ‘n man is die naweek in ‘n skietery in Willkoppies, Klerksdorp doodgeskiet. Alhoewel die polisie nog nie sy naam bekendgemaak het nie, het familie en vriende op Facebook bevestig Botes het sy lewe in die betrokke skietery verloor.

Beweerde padwoede-voorval eis “besonderse man”

Volgens Myburg was Botes in ‘n beweerde padwoede-voorval betrokke. Daar het glo ‘n woordewisseling uitgebreek waarna ‘n geveg ontstaan het.

“‘n Sekuriteitswag het het na bewering ‘n skoot afgevuur. Botes is op die toneel dood verklaar,” sê Myburg in ‘n verklaring.

Intussen het medelye ingestroom. Volgens inskrywings op Facebook was Botes ‘n besonderse mens.

Die laerskool waar Botes se seun skoolgaan, het ook ‘n boodskap op Facebook gesit en gesê hulle dink aan en bid vir die familie.

LEES OOK: Shane Jordaan al meer as twee weke vermis

Hou FiNDiT dop vir die nuutste nuus.