VRYSTAAT. – Daar word beweer ‘n pastoor (54) van Bloemspruit het ‘n vrou in sy huis aangehou en haar verskeie kere verkrag.
Die pastoor het glo Vrydag gevra dat die slagoffer by sy huis as huishulp moet kom werk. Hy het ook glo aan haar gevra om sy kind (4) die aand op te pas wanneer hy ‘n kerkdiens gaan bywoon. Volgens kapt. Christopher Singo, woordvoerder van die Valke, het die pastoor die aand glo tuis gebly en nie na die diens gegaan nie.
“Die pastoor het toe na bewering die slagoffer die Vrydag en Saterdag verskeie kere verkrag en geweier dat sy huis toe gaan.”
Pastoor verskyn dan
Die Sondagmiddag het die slagoffer die selfoon van die verdagte in die hande gekry en die polisie van die voorval in kennis gestel. Die pastoor is by sy huis in hegtenis geneem. ‘n Voertuig wat vroeër as gesteel aangemeld is, is ook glo in sy besit gevind.
Die pastoor sal môre in die Bloemfontein-landdroshof op aanklag van verkragting, mensehandel en die besit van vermoedelik gesteelde goedere verskyn.
LEES OOK: Pa soek antwoorde, ma en pasgebore baba sterf vier dae uitmekaar
LEES OOK: Medelye stroom in na man lewe tydens ‘padwoede-voorval’ verloor
Hou FiNDiT dop vir die nuutste nuus.



