Sommige informele delwers het besluit hulle gee nie moed op nie. Daar is onlangs stene, wat intussen as kwartskristalle geïdentifiseer is, in die KwaHlathi-gebied uitgegrawe en duisende mense het na die gebied gestroom om van die “diamante” in die hande te kry.
FiND iT het voorheen berig ‘n verklaring wat deur die departement van minerale bronne en energie gemaak is, het gesê die nuus van die “diamante” wat in die omgewing gevind is, het baie mense daarheen gelok.
“Die toetse dui daarop dat die stene inderdaad kwartskristalle is. Die waarde van die kristalle sal nog vasgestel word, maar dis aansienlik minder as dié van diamante.”
eNCA berig sommiges glo egter nie die bevinding dat die stene eintlik kristalle is en nié diamante nie en delf steeds om nog te vind.
Ander probeer weer om die stene wat hulle reeds opgegrawe het, te verkoop.



