Kykers verbaas toe bekende gesig weer in 7de Laan verskyn

Deel hierdie storie / Share this story

Suid-Afrikaners het 7de Laan leer ken met die Terblanche-gesin en hulle aantreklike jong seun, Tiaan Terblanche. Kykers sou nooit kon raai dat hulle na 16 jaar weer die bekende gesig sou sien nie.

Tiaan (Frank Rautenbach) het laas week weer sy eerste verskyning in 7de Laan gemaak nadat daar bene agter die kluis van die ou Terblanche-huis gevind is. Tiaan, wat terugkeer na Hillside, is op soek na sy ma, Madel, wat spoorloos verdwyn het.

Party kykers is weer opgewonde om na die sepie te kyk noudat Tiaan teruggebring is. “Ek is sommer weer opgewonde, bietjie aksie,” sê een kyker op die 7de Laan Facebook-groep.

LEES OOK: Medelye stroom in na man lewe tydens ‘padwoede-voorval’ verloor

LEES OOK: Shane Jordaan al meer as twee weke vermis

Hou FiNDiT dop vir die nuutste nuus.