Pa soek antwoorde, ma en pasgebore baba sterf vier dae uitmekaar

Deel hierdie storie / Share this story

NIEU-SEELAND. – ‘n Pa, Charitha Meepegam, soek antwoorde nadat sy “fiks en gesonde vrou” en hulle pasgebore babadogtertjie vier dae uit mekaar oorlede is.

Die aand voordat Nilakshani (Nishi) Silva (34) hospitaal toe sou gaan, het sy gesukkel om asem te haal en ‘n ambulans is ontbied. Haar gesondheid het in ‘n oogwink heeltemal agteruitgegaan. Paramedici was op pad om met haar na Auckland-hospitaal te jaag, maar nie lank nadat hulle hul huis verlaat het nie, het haar hart gaan staan.

Pa soek antwoorde na sy lewe tot stilstand kom

Paramedici het dadelik ‘n keisersnit gedoen en hulle babadogtertjie, Eliana, is in die ambulans gebore. Dokters het aan Meepegam gesê Silva is as gevolg van ‘n bloedklont dood. Eliana is na die Starship-hospitaal oorgeplaas. Die masjiene wat aan Eliana gekoppel was om haar aan die lewe te hou, is vier dae later afgeskakel en sy is oorlede.

“Ek is op soek na antwoorde. Ek weet nie wat om te doen of hoe om aan te beweeg nie. My hele lewe is net so uitgewis,” sê die pa, nadat hy aanvanklik uitgesien het om ‘n klein gesinnetjie te hê.

LEES OOK: Medelye stroom in na man lewe tydens ‘padwoede-voorval’ verloor

LEES OOK: Shane Jordaan al meer as twee weke vermis

Hou FiNDiT dop vir die nuutste nuus.