Kaal paartjie in hegtenis wat glo seks voor kinders in parkie het

Deel hierdie storie / Share this story

’n Paartjie het hulle glo nie aan toeskouers gesteur toe hulle in hul Adamspakke in ’n parkie seks gehad het nie. In ’n stadium het hulle ook glo na ’n deel van die parkie beweeg waar kinders die daad kon aanskou.

LEES OOK: KYK!: Die uitwerking van egskeiding op kinders

Kon oë nie glo nie

Mense, waaronder ouers, kinders en mense wat met hul honde gaan stap het, wat op 16 Junie 2021 die parkie in Manchester, Verenigde Koninkryk, besoek het, kon hulle oë nie glo toe hulle die paartjie sien nie.

Volgens The South African het besoekers Aan die parkie bevestig die paartjie het blykbaar nie opgelet of omgegee wie hulle gesien het nie. Hulle het glo etlike ure lank seks gehad.

Daar is ook berig dat die paartjie, wat voortgegaan het met hul skynbaar eindelose liefdesdaad, toe na ’n ander deel van die park beweeg het. Die gebied is blykbaar nie net meer in die oog nie; dit was ook naby die kinderspeelplek, binne sig van die kinders.

In hegtenis

Die polisie is ontbied en die paar, wat glo in hul dertigs is, is daarna in hegtenis geneem op grond van openbare onsedelikheid.

LEES OOK: Nuwe hoop in Abrie Raath-saak