Vermoorde boer (34) se naam bekend

Deel hierdie storie / Share this story

THORNVLEI. – Die boer van Oos-Londen wat gisteraand doodgesteek is toe hy uit op patrollie was, is as Darryl Richter geïdentifiseer.

Daar word beweer Richter was besig met patrollie toe hy ‘n verdagte voertuig opgemerk het. Hy het die boere in die omgewing in kennis gestel. Met hul aankoms het hulle die betrokke boer met steekwonde in sy bolyf aangetref. Hy het na bewering nog geleef en kon inligting oor die voorval gee, maar hy het later op die toneel aan sy beserings beswyk.

Twee van die drie verdagtes is in hul 20’s en is na bewering in ‘n oop veld met skietwonde nie ver van die misdaadtoneel gevind. Die polisie is steeds op soek na die derde verdagte.

LEES OOK: Plaasaanval gisteraand, boer (34) dood

Hou FiND iT vir meer inligting.