VRYSTAAT. – Die 12-jarige seun wat van moord aangekla word nadat hy glo sy maat (15) na ‘n woordewisseling tydens ‘n dobbelspeletjie doodgesteek het, het vandag in die hof verskyn.
Seun in hof na sy maat sterf
Die seun het in die Odendaalsrus-landdroshof verskyn. Die saak is tot Maandag 13 Julie 2021 vir maatskaplike werkers se assessering weens sy ouderdom uitgestel. DIe maatskaplike werkers sal vasstel of die seun geskik is om op die aanklag tereg te staan. Hy sal onder toesig van ‘n voog bly tot sy volgende hofverskyning.
LEES OOK: 12-jarige van moord aangekla na beweerde stryery oor dobbelspeletjie
Hou FiND iT dop vir die nuutste nuus.
Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.
As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].
FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.
FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.



