LEES OOK: Driedubbele seën vir Eben Etzebeth
Angie Motshekga, die minister van basiese onderwys, het gewaarsku dat daar geen genade sal wees vir leerders wat bedrog pleeg tydens die eindeksamen nie.
Matriekleerders van skole regoor die land het vandag hulle eerstetaalvraestel (huistaal) geskryf. Die departement van basiese onderwys sê dat alle stelsels gereed was vir die graad 12-eksamen wat vanoggend begin het.
Elijah Mhlanga, woordvoerder van basiese onderwys, sê hulle het veiligheidsmaatreëls ingestel om moontlike papierlekkasies te hanteer. “Wat ons ervaar het, is dat mense op skoolvlak probeer kul wanneer hulle vraestelle vroeër oopmaak as wat vereis word. Dit is kwessies wat met menslike gedrag te doen het. Ons herinner mense altyd aan wat hulle moet doen en nie doen nie, maar hulle doen dit altyd. As ons hulle vang, sal ons hulle straf. So ons moet hulle net daaraan herinner dat hulle nie eers moet probeer nie, want ons kry hulle [en] hulle sal die prys betaal,” voeg Mhlanga by.
Intussen hetdie minister in die presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, gesê die regering is vol vertroue in die werk wat gedoen is in die opbou tot die eindeksamen vir gr. 12-studente.
Sy het die klas van 2023 alles van die beste toegewens. “Omdat ons die klas van 2023 alle sterkte toewens, gebruik ons hierdie geleentheid om hulle te herinner dat dit hul vasberadenheid en harde werk is wat positiewe resultate sal lewer. Die regering doen ’n beroep op ouers, voogde en die samelewing as geheel om hierdie leerders te ondersteun terwyl hulle getoets word om toekomstige leiers en rolspelers te word wat ‘n impak in gemeenskappe kan maak.”
#Matrieks #Motshekga #Onderwys #Afrikaans #Nuus



