Eskom se uitvoerende hoof gevra om tender vir logo terug te trek

Deel hierdie storie / Share this story

LEES OOK: Springbokke se trofee-toerdatums bekend

Die Demokratiese Alliansie (DA) doen ‘n beroep op die waarnemende Eskom- uitvoerende hoof, Calib Cassim, om onmiddellik die multimiljoenrand-tender vir ‘n nuwe maatskappylogo te herroep.

Die kragvoorsiener het glo ’n tender uitgereik waarin verskaffers gevra word om dienste te lewer vir die ontwerp van ’n nuwe logo en die ontwikkeling van ’n nuwe korporatiewe identiteit. DA-LP en skaduminister van openbare ondernemings, Ghaleb Cachalia, sê dit sal ligsinnige besteding wees as Eskom se groot skuld in ag geneem word.

Hoewel prysbesonderhede nie bekend gemaak is nie, het Eskom agentskappe wat vir die projek getender het gevra om ‘n begroting van R5 miljoen per entiteit in hul aanbiedings te aanvaar.

#Eskom #Tenders #NuweLogo #Afrikaans #Nuus

Bronne gebruik: SABC Nuus; DailyInvestor.