Die Springbokke se trofee-toerdatums is bekend gemaak.
Suid-Afrika se nuutste wêreldkampioene het gisteraand die World Rugby Awards gala-seremonie in Frankryk bygewoon voordat hulle vanoggend na Suid-Afrika terugkeer.
Die span word Dinsdag om 10:55 op OR Tambo- internasionale lughawe verwag en sal vanaf Donderdag ‘n toer onderneem om hul oorwinning en trofee met ondersteuners te deel.
Donderdag sal die toer in Pretoria afskop en dan volg Johannesburg en Soweto, waarna die dag se verrigtinge by die FNB-stadion afgesluit sal word.
Vrydag is dit Kaapstad se beurt, Saterdag Durban en Sondag kom die toer in die Oos-Kaap tot ‘n einde.
“The locations have been selected for population size in the first three instances and because of the Eastern Cape’s rugby significance in the fourth.”
Vir Bloemfontein, Nelson Mandelabaai en ander plekke is satelliettoere vir 2024 geskeduleer.
Die roetes vir die toer word met rolspelers, soos plaaslike owerhede en die SAPD, gekoördineer.
Hou gerus www.springboks.rugby, SA Ruby se sosialemediaplatforms en plaaslike owerhede se inligtingskanale dop waar die roetekaarte en tydskedules gepubliseer sal word.
Bron: Springboks
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



