Twee persone op vullisstortingsterrein doodgeskiet

Deel hierdie storie / Share this story

VRYSTAAT. – Thabo Malebo en Lesenyeho Mokhele, wat onwettig op die Southern-vullisstortingsterrein gewoon het, is Saterdagaand daar doodgeskiet.

Lt.kol. Thabo Covane sê nadat polisielede weg is van die toneel waar drie mans in ‘n motorvoertuig doodgeskiet en een beseer is, is hulle na die vullisterrein.

Na bewering het vier onbekende gewapende mans omstreeks 23:00 by onwettig opgerigte strukture op die vullisterrein opgedaag en vir ‘n persoon genaamd “Radinyewe” gevra.

Die vier verdagtes het toe op die twee oorledenes geskiet. Beide is deur nooddienste dood verklaar.

Enigiemand met inligting oor die moordsaak, wat deur Kagisanong-polisie ondersoek word, kan kol. Msokoli Bolsiek by 082 466 8530 bel.

Bron: SAPD

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel